Content : 55
Web Links : 17
Content View Hits : 23244
About Us
Computer Academies
Centurion Rekenaarakademie FAQ's
Centurion Rekenaarakademie FAQ's

Antwoord: Vanaf Dinsdag 05 Oktober 2010
Vraag: Waar gaan die rekenaaropleiding aangebied word?
Antwoord: In die rekenaarsentrums van Laerskool Wierdapark.
Vraag: Waaneer gaan die klasse plaasvind?
Antwoord: Voorlopig het die beheerliggaam toestemming verleen om Dinsdae en Donderdae klasse aan te bied.
Vraag: Hoelaat gaan klasse begin?
Antwoord: Vanaf 14h00 op Dinsdae en Donderdae.
Vraag: Gaan bogenoemde die enigste tydsgleuf wees?
Antwoord: Die hoeveelheid inskrywings wat ons kry sal bepaal of daar tydsgleuwe anders as 2-3uur gaan wees. Indien ons in 2 groepe werk sal ons 'n gleuf van 3-4 ook instel.
Vraag: Gaan daar enige groeperings van leerlinge plaasving?
Antwoord: Indien daar genoeg inskrywings per graadgroep is sal ons die groepering per graadgroep wil hou, maar andersins sal Gr R & 1, Gr 2 & 3, Gr 4 & 6 en Gr 6 & 7 saam gegroepeer word.
Vraag: Hoe lank gaan die klasse duur?
Antwoord: Elke klas gaan 1 uur lank duur.
Vraag: Hoeveel opleiding gaan leerders ontvang?
Antwoord: Elke leerder gaan opleiding vir 'n uur op Dinsdae en 'n uur op Donderdae ontvang.
Vraag: Gaan daar enige koste per leerder betrokke wees?
Antwoord: Ja, die koste beloop R275.00 per leerder per maand.
Vraag: Watter spesifieke opleiding gaan in die rekenaarakademie gedoen word?
Antwoord: Word, Excel, PowerPoint, Access, Outlook, Publisher, Internet,
Vraag: Watter kurrikulum gaan gevolg word?
Antwoord: Skillspro se Futurekids "Real Journeys".
Vraag: Vir watter ouderdomsgroepe is die klasse geskik?
Antwoord: Skillspro het laerskoolkurrikulums ontwikkel vir Graad R tot Graad 7".
Vraag: Bestaan daar ander kurrikulums wat deur Skillspro onderskryf word?
Antwoord: Ja, "African Adventures" 'n "Soccer Worldcup" kurrikulum wat spesiaal vir die 2010 toernooi geskryf is en deur sekere skole vir 6-12 maande gevolg word.
Vraag: Hoekom word Skillspro materiaal gebruik?
Antwoord: Skillspro is tans die voorloper in kurrikulum ontwikkeling vir skole en kolleges en is 'n SETA (Sector Education and Training Authority) geakkrediteerde maatskappy. Verder waarborg 'n SAQA (South African Qualifications Authority) goedkeuringstempel die baie hoë standaard leermateriaal wat tydens die opleiding gebruik gaan word.
Vraag: Gaan daar enige vorm van verlaggewing tov wat in die rekenaarakademie gedoen is aan ouers/voogde gekommunikeer word
Antwoord: Beslis! Dis een van die voorvereistes van Skillspro vir enige sentrum wat van hul opleidingsmateriaal gebruik maak.
Vraag: Hoe gaan die verslae aan ouers beskikbaargestel word?
Antwoord: Skillspro-Centurion is het sy eie webtuiste (www.skillspro-centurion.co.za) waarop ouers toegelaat gaan word om te registreer, in te log en dan hul kind se werk aanlyn te besigtig. Verslae word in hardekopie oorhandig.
Vraag: Hoe gereeld gaan hierdie werk en verslae opdateer word.
Antwoord: Die fisiese werk, direk na afloop van elke tema en die verslae, direk na elke module.
Vraag: Hoekom 'n rekenaarakademie?
Antwoord: Die algemene vereiste is redelik beperk aangesien meeste skole 'n 5-6 dag rooster volg en leerders dus 1 periode elke 5-6 dae blootstelling aan rekenaaronderrig ontvang, terwyl die wêreld daar buite 'n baie hoër rekenaarvaardigheidsvlak vereis.
Vraag: Het leerders alreeds op laerskool 'n hoë vaardigheidsvlak op 'n rekenaar nodig?
Antwoord: Die druk op leerders raak al hoe groter aangesien hul skoolwerk baie meer navorsing en selfstudie met werkstukke en take vereis. Dit is dus tot geweldige voordeel vir leerders dat hulle tegnologies toegerus is om hierdie tegnologies gereedskap maksimaal te benut.
Vraag: Gaan die leerders navorsing gedurende die 2 x 1 uur opleidingsessies doen.
Antwoord: Nee, maar opleiding gaan gegee word oor hoe die tegnologie gebruik kan word om navorsing doeltreffend te kan doen.
Vraag: Wanneer moet betaling geskied?
Antwoord: Voor die 1ste van elke maand vir die maand wat volg, aangesien affiliasiefooie, vir die getal leerders per maand, aan Skillspro PTY Ltd betaal moet word om hul kursusmateriaal te gebruik.
Antwoord: Betalings kan elektronies gedoen word, maar dit word verkies dat betaling dmv 'n debietorder gedoen word. Kliek hier om die debietordervorm af te laai. Nadat dit voltooi is kan u dit faks na 0866803592 of E-Pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Vraag: Kan 'n registrasie by die rekenaarakademie gekanselleer word en is daar enige voorwaarde aan verbonde?
Antwoord: Die registrasie kan te enige tyd gekanselleer word en vanaf die volgende maand sal die betrokke debietorders en betalings gestop word. Daar is geen verdere voorwaardes nie.
Vraag: Gaan daar vir 'n volle 12 maande betaal word?
Antwoord: Nee, slegs vir 10 maande aangesien daar nie gedurende skoolvakansies klas gaan wees nie.
Vraag: Hoekom 'n rekenaarakademie?
Antwoord: Die algemene voorskrif is redelik beperk aangesien ons leerders 'n 6 dag rooster volg en dus 1 periode elke 6 dae blootstelling aan rekenaaronderrig ontvang, terwyl die wêreld daar buite 'n baie hoër rekenaarvaardigheidsvlak vereis.


